Vitamiene See is in Hartenbos geleƫ en bied gehalte vakansieverblyf, ideaal vir n groot gesin ,groep vriende, kleiner groepe of selfs 1 of 2 persone.
Dit is binne maklike bereik van die strand sowel as talle winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede.
Alle eenhede is toegerus met DSTV en gratis WiFi.

Pophuis

Voorhuis
Die Voorhuis het 3 slaapkamers, volledige badkamer (bad, stort, toilet en wasbak) en 'n addisionele toilet en wasbak. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, stoof met oond en 'n spens.
Die sitkamer het DStv en gratis WiFi is beskikbaar. 'n Braaier word ook voorsien.

Woonhuis
Die Woonhuis bestaan uit 5 slaapkamers en 3 badkamers.
Twee van die slaapkamers het 'n dubbelbed elk en die ander drie slaapkamers het twee enkelbeddens elk. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 2 addisionele badkamers beskikbaar.
Gratis WIFI is beskikbaar.
DSTV is beskikbaar by die grondvloer sitkamer, en die 1ste vloer sitkamer het 'n "Smart TV".
Die kombuis is toegerus met 2 yskaste, vrieskas, mikrogolfoond en stoof met oond.
Die slaapkamers en badkamers is op die tweede en derde verdiepings geleƫ. Woonhuis het 'n gesellige buite braai area met 'n geboude braai.